Wees versigtig met Sosiale Media!

Die laaste paar dae word ek oordonder met ‘Friend requests’ van Facebook. Blykbaar is ek nou baie populêr; hah!

Ek het nou nog nie presies agter gekom hoe die internet hoax’sters hul targets identifiseër nie; maar dit wil vir my voorkom of dit meer begin gebeur het teen die tyd wat ek sowat ‘n 1000 Friends bekom het. (dit maak tog sin; hul speel op die ‘probability of success related to numbers’)

So ja, nou moet ek daagliks vir ‘n klomp ‘hot’ ‘vroumense’ laat weet dat ek nie belang stel om my details vir hul te gee nie. Hul is gewoontlik NIE van Suid Afrika nie en hul is ‘fairly adamant’ dat hul ‘n baie dringende boodskap vir my moet email! (hul wil nie ‘n gesprek op Facebook messenger hê nie). Maar ek weet mos nou al van beter om nie my email vir hul te gee nie want dan het hul jou.

So hoe weet jy of dit ‘n moontlike scam is wat op jou pad gekom het? 9 uit 10 keer sal jou ‘gut feel’ reg wees – as jy ongemaklik voel; stop die gesprek en ‘block’ die persoon!

Dit is nou nie ‘n ‘foolproof method’ nie maar hier is soos ek dit sien. Kyk na die persoon se profiel; hul het gewoontlik net 1 of 2 vriende en miskien ‘n paar ‘recent posts’ om ‘legit’ te lyk. Gewoontlik stuur hul ‘n ‘Friend request’ en dan vra hul jou om asb vinnig jou email adres vir hul te stuur – hul adres is gewoontlik ‘n ‘generic gmail/hotmail/yahoo account’ wat hul net ‘n rukkie gebruik om ‘n persoon te vang en dan verander hul weer hul adres.

Ek het nou al sovêr gegaan om ‘n ‘notice’ op my Facebook page te sit dat ek SLEGS Suid Afrikaanse mense sal ‘Friend’ maar dit help nie juis nie want die verdomde hoax’sters lees mos nie! En al manier wat ek gekry het om hul te stop is om hul een vir een te ‘block’ soos wat hul opkom.

Hulle is ‘relentless’ so wees op jou hoede! (veral as jy so ‘hot’ is soos ek… bwahahaha!!!)


To report this post you need to login first.
Please sign our Petition
X

kindly take a few seconds to sign our

National CrimeSA Petition

HERE