Watse gemors moet ek nou weer kyk?

Ek weet nie of julle dit doen nie, maar ek doen dit elke keer.

As iemand mooi uitnooi om hul te ‘friend’ op Facebook, dan gaan loer ek eers ‘n bietjie wat op hul bladsy aangaan VOORDAT ek besluit om die ‘vriendskap’ te aanvaar!

Dit verbaas my regtig wat se gemors mense op hul Facebook toelaat. Onthou; wat ek en ander mense op jou bladsy sien gaan automaties ‘n INDRUK ‘skep’ van watse tipe mens jy is! Ja ek weet dis nie ‘n ware beeld van jou menswees nie maar ons as mens neem dit so op!

Sosiale Media IS belangrik!

Wat VIR MY kommer wekkend is; Besigheids Facebook bladsye met die klomptste gemors daarop wat NIKS met die besigheid uit te waai het nie! As ek SO besigheid sien; dan aanvaar ek beslis NIE jou ‘vriendskap’ nie. Besef jy hoeveel skade dit indirek aan jou besigheid doen?

Daar is ‘n gesegde; ‘Wys my jou vriende, dan weet ek wie jy is; want aan jou vriende word jy geken!’

Weet jy wat dit beteken?

  • Pas jou Sosiale Media bladsy op!
  • Maak seker jy weet wat daar aangaan!
  • As iemand anders die bladsy vir jou bestuur; maak seker hul verstaan presies wat toelaatbaar is en wat nie!

‘Meng jou met die semels dan vreet die varke jou op’.

Ek dink glad nie ek is beter as enige ander persoon nie; maar vergewe my as jy my uitnooi om jou te ‘Friend’ en ek ignoreer jou versoek. Gaan kyk dan eerder wat op jou bladsy aangaan…

Ons is bereid om te baklei vir dit waarin ons glo; ons skryf daaroor, baklei en maak rusie daaroor, ons argumenteer daaroor, sal selfs sterf daarvoor, enige iets, BEHALWE OM TE LEEF DAARVOOR. – Charles Colton

To report this post you need to login first.
Please sign our Petition
X

kindly take a few seconds to sign our

National CrimeSA Petition

HERE